Kaalvoet en gewillig kom
lê ek my in jou mikke neer
jou oksels beur teen my lyf
en jou bas skaaf my vel...
Jy staan sterk en seker en
ek verlustig my in die hardheid
van jou stam,
die diepte van jou wortels...
Ek strek myself uit en gee
my oor aan jou skaduwee
terwyl straaltjies son op my
reën deur jou blare...
YURI DURAAN
http://www.poemhunter.com/poem/x-boom/